top of page
Post: Blog2 Custom Feed

MY EERSTE BLOG!!!

Updated: Sep 19, 2021

Vir die wat my ken, my Engels is nie altyd die beste nie so ek voel dit is gepas om my eerste blog in Afrikaans te skryf (met dalk so bietjie slang)!


Die is nie sommer `n gewone blog vir my nie, dit is meer soos `n dankbaarheidsboodskappie" aan my ouers...


Nie net is julle my grootste motiveerders, ondersteuners en aanmoedigers nie, Julle is my grootste rolmodelle.


Baie dankie vir die rol wat julle in my lewe speel, dankie dat julle altyd daar is om my ken op te lig wanneer dinge bietjie moeilik raak... My altyd herinner "Hou jou oƫ op die Here, droom groot en werk hard".


Vir meer kon ek nie vra nie!


Albei my ouers (Mandi en Marius Durandt) is handig en baie kunstig. Met die verloop van tyd gaan ek van hulle kunswerke ook publiseer op Creatix (hou `n ogie oop daar is `n paar stunning goedjies).





Comments


Post: Blog2_Post

©2021 by Creatix. Proudly created with Wix.com

bottom of page